AFR:
Die African People's Convention (APC) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is op 4 September 2007 gestig deur die voormalige onderleier van die Pan Africanist Congress of Azania, Themba Godi, en die PAC se enigste twee provinsiale verteenwoordigers, Zingisa Mkabile (Oos-Kaap) en Malesela Ledwaba (Gauteng). Alhoewel die party albei provinsiale setels in die 2009 algemene verkiesing verloor het, het hy sy setel in die Nasionale Vergadering behou.
Leier: Themba Godi
Gestig: 4 September 2007
Ideologie: Pan-Afrikanisme, Sosialisme, Afrikaan Nasionalisme, Kontinentale eenheid
bron
ENG:
The African People's Convention is a political party formed by Themba Godi, former deputy leader of the Pan-Africanist Congress of Azania via floor crossing legislation, on ...