Politicians and Election, Vote in Freedom, Actively Participate in Democracy, Vote for Change, Online referendum
left right

Biography Pieter Mulder

> South Africa > Politicians > Vryheidsfront Plus > Pieter Mulder
Pieter Mulder Pieter Mulder
Pieter Mulder
Die huidige leier van die Vryheidsfront Plus (VF ). | The Deputy Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries.
email

DESCRIPTION OF CANDIDATE: 

Pieter Mulder Biography

AFR:

 

Dr. Pieter W.A. Mulder (26 Julie 1951) is die huidige leier van die Vryheidsfront Plus en Suid-Afrika se Adjunk-Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.

 

Politieke Loopbaan

Mulder se openbare politieke loopbaan begin in 1985 met sy verkiesing as stadsraadslid in Potchefstroom. Hy is verder in 1988 in ’n tussenverkiesing tot Parlementslid verkies - hy was die Konserwatiewe Party se verteenwoordiger vir die kiesafdeling Schweizer-Reneke - en hy was ook deel van die KP se onderhandelingspan met die ANC in 1993 voor die 1994-verkiesing.

 

In Maart 1994 is hy betrokke by die stigting van die Vryheidsfront waar hy tot voorsitter verkies is, en is sedert 1994 ’n VF Parlementslid. Mulder is egter in April 2001 tot die leier van die Vryheidsfront verkies, en dien as die VF se hoofwoordvoerder oor Buitelandse Sake en die Uitsaaiwese.

 

Hy was selfs ’n lid van die VF se onderhandelingspan in die Grondwetskrywende Vergadering en het gedurende 1994 en 1997 deel gevorm van ’n veelparty-groep wat namens die Suid-Afrikaanse Parlement verskillende lande besoek het ten einde hulle verskeie grondwette te bestudeer.

 

Die Organisasie vir Onverteenwoordigde Volke en Mense (Unrepresented Nations and Peoples Organization - UNPO) het op hul IXde Algemene Vergadering op 16 en 17 Mei 2008 in Brussel, België, die Afrikaners eenparig aanvaar as lid van die organisasie. Mulder het die lidmaatskap van UNPO namens die Afrikaners aanvaar.

 

Op 10 Mei 2009 word hy deur pres. Jacob Zuma aangestel as Adjunk-Minister van Landbou, Bosbou en Visserye onder Tina Joemat-Petterson. Hy behou sy pos as leier van die Vryheidsfront Plus maar bedank as parlementêre leier van die party.

 

Teen einde Mei 2010 het Mulder daarin geslaag om ’n mosie oor die ernstigheid van plaasmoorde in Suid-Afrika aanvaar te kry voor UNPO se sitting in Rome, Italië. Hy is tydens hierdie geleentheid ook gekies om op die organisasie se dagbestuur te dien.

 

In Februarie 2012 was Mulder weer in die nuus nadat hy in die parlement, in reaksie op pres. Zuma se staatsrede, gesê het dat die swart bevolking geen historiese aanspraak het op die Wes- en Noord-Kaap nie omdat daar niemand behalwe die Khoi- en San-mense was nie toe Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap geland het. Die swart bevolkingsgroepe het van die noorde van Afrika suid getrek en het die blankes eers by die Keirivier teëgekom. Prof. Hermann Giliomee, gesiene Suid-Afrikaanse historikus, asook die voormalige media-ombudsman in Suid-Afrika, James Myburgh, het egter vir Mulder in die bres getree en die media daarvan beskuldig dat hulle spoke opjaag en die punt van Mulder se toespraak oor die manier waarop grondherverdeling plaasvind, totaal ignoreer en buite konteks aanhaal. Frans Cronjé, hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede het ook tot die gesprek toegetree en Mulder verdedig deur te sê dat blankes slegs 50% van die grond in Suid-Afrika besit terwyl die regering se syfers meen dit is 87%.

 

bron

 

 

ENG:

 

Dr Pieter Mulder (born 26 July 1951) is a South African politician and the leader of the Freedom Front Plus. He has been the Deputy Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries in the cabinet of President Jacob Zuma since 11 May 2009.

 

Biography

Early life and politics

He was born in Randfontein and grew up in Randfontein and Cape Town. He completed his high school education at the Riebeeck High School in Randfontein, where he was headboy and Victor Ludorum in athletics. The son of former cabinet minister Connie Mulder, the young Mulder first worked as a lecturer at the Potchefstroom University for Christian Higher Education, before being promoted to head of the university's communications department. He represented the town of Potchefstroom in Parliament since 1988.

 

Freedom Front Plus

Prior to South Africa's first multi-racial elections in 1994, Mulder co-founded the Freedom Front with General Constand Viljoen, a former head of the South African Defence Force. During the elections of 1994, the Freedom Front managed to obtain nine seats in the National Assembly. This number was slashed to just four during the 1999 elections. Viljoen, who acted as leader since the party's founding, retired from politics in 2001 and left Mulder in charge.

 

Deputy Minister and Leader of the Freedom Front

In 2004, under Mulder's reign, the Freedom Front absorbed the Conservative Party, the Afrikaner Eenheids Beweging (Afrikaner Unity Movement), who lost its only seat in the National Assembly due to floor-crossing, and the Federale Alliansie of dr. Louis Luyt. During the elections in 2004, the FF+ managed to hold on to its four seats in the National Assembly.

 

On 10 May 2009 President Jacob Zuma announced his appointment of Mulder as the Deputy Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries.

 

source

6 November 2008

updated: 2013-04-22

icon Pieter Mulder
icon Pieter Mulder

ElectionsMeter is not responsible for the content of the text. Please refer always to the author. Every text published on ElectionsMeter should include original name of the author and reference to the original source. Users are obliged to follow notice of copyright infringement. Please read carefully policy of the site. If the text contains an error, incorrect information, you want to fix it, or even you would like to mange fully the content of the profile, please contact us. contact us..

 
load menu