Politicians and Election, Vote in Freedom, Actively Participate in Democracy, Vote for Change, Online referendum
left right

Biography Kgalema Motlanthe

> South Africa > Politicians > African National Congress > Kgalema Motlanthe
Kgalema Motlanthe Kgalema Motlanthe
Kgalema Motlanthe
Die huidige Adjunkpresident van Suid-Afrika. | A South African politician. The current Deputy President of South Africa.
Vice-president
email
email
email

DESCRIPTION OF CANDIDATE: 

Kgalema Motlanthe Biography

AFR:

 

Petrus Kgalema Motlanthe (gebore 19 Julie 1949) is die huidige Adjunkpresident van Suid-Afrika. Hy is 'n Suid-Afrikaanse politikus, 'n voormalige President van Suid-Afrika, voormalige vakbondleier, lid van die Parlement en Adjunkpresident van die regerende African National Congress (ANC). Op 23 September 2008, ná die bedanking van President Thabo Mbeki, het die ANC bevestig dat Motlanthe hul voorkeurkandidaat is om Mbeki as president te vervang tot met die 2009 verkiesing. Op 25 September 2008 is hy volgens die Grondwet van Suid-Afrika deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika en deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.

 

Motlanthe is op 19 Julie 1949 in Alexandra, Johannesburg gebore, die seun van 'n mynwerker en die jongste van 13 kinders. Hy het in Alexandra sowel as Meadowlands, Soweto groot geword.

 

Politieke loopbaan

In sy jeug is Motlanthe beïnvloed deur die denke van die swartbewussynsbeweging. In die 1970's, terwyl hy vir die Johannesburgse Stadsraad gewerk het, het hy by die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, aangesluit waar hy deel was van 'n eenheid wat nuwe lede moes werf. Die eenheid het later opdrag ontvang om op sabotasie te fokus. Motlanthe en Stan Nkosi was verantwoordelik vir implementering van dié funksie in Suid-Afrika. Die eenheid was ook verantwoordelik vir die smokkel van MK soldate in en uit die Republiek deur Swaziland.

 

Op 14 April 1976 is Motlanthe en Nkosi in hegtenis geneem en vir elf maande in John Vorster Square in Johannesburg aangehou. In 1977 is hy skuldig bevind op drie aanklagte van terrorisme en tot tien jaar gevangenis straf gevonnis wat hy tussen 1977 en 1987 op Robbeneiland uitgedien het.

 

Na sy vrylating in 1987 het Motlanthe vir die National Union of Mineworkers (NUM) gewerk waar hy in bevel van opvoeding was. Ná die ontbanning van die ANC in 1990 het Motlanthe Voorsitter van die ANC in die PWV streek geword. In 1992 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die NUM, en in 1997 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die ANC om Cyril Ramaphosa te vervang.

 

Op die ANC se 52ste Nasionale Kongres in Polokwane in Desember 2007 is Motlanthe verkies tot Adjunk-President van die ANC. In Julie 2008 is hy aangestel as Minister in Die Presidensie van die Republiek van Suid-Afrika. Op 25 September 2008 is hy deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika. Motlanthe het 269 stemme verwerf teenoor Joe Seremane van die Demokratiese Aliansie wat 50 stemme behaal het. 41 bedowe stembriewe is uitgebring. Hy is dieselfde dag deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.

 

Hy is getroud en het twee dogters en 'n seun.

 

bron

 

 

ENG:

 

Kgalema Petrus Motlanthe (born 19 July 1949) is a South African politician who served as President of South Africa between 25 September 2008 and 9 May 2009, following the resignation of Thabo Mbeki.

 

After the end of his presidency, Motlanthe was appointed as the Deputy President of South Africa by his successor, current South African president Jacob Zuma. Motlanthe served as Deputy President of the African National Congress (ANC), a position he held from 2007 until 2012, when he declined to run for a second term. At the 53rd ANC National Conference in Mangaung, Free State, Motlanthe ran for the position of President of the ANC, but was soundly defeated by Zuma, who won re-election. He was succeeded as deputy president by Cyril Ramaphosa, but remains Deputy President of South Africa.

 

Motlanthe, who had maintained a low public profile, was elected to the presidency of South Africa by the South African National Assembly following the resignation of Mbeki, and was widely considered to be acting as a "caretaker president" on behalf of Zuma. Zuma succeeded Motlanthe on 9 May 2009 in a presidential election held by the South African National Assembly, following the 2009 general election which had been won by the ANC.

 

Motlanthe was previously a student activist, trade unionist and member of the ANC's military wing Umkhonto we Sizwe during the struggle against South Africa under apartheid. Today, Motlanthe, a left-leaning intellectual, is seen as a highly skilled political operator within the politics of South Africa, and a key figure behind the success of Jacob Zuma. Motlanthe also holds the status of having been South Africa's first Tswana-speaking president.

 

source

4 November 2008

updated: 2013-04-23

icon Kgalema Motlanthe
icon Kgalema Motlanthe

ElectionsMeter is not responsible for the content of the text. Please refer always to the author. Every text published on ElectionsMeter should include original name of the author and reference to the original source. Users are obliged to follow notice of copyright infringement. Please read carefully policy of the site. If the text contains an error, incorrect information, you want to fix it, or even you would like to mange fully the content of the profile, please contact us. contact us..

 
load menu