Politicians and Election, Vote in Freedom, Actively Participate in Democracy, Vote for Change, Online referendum
left right

Biography Helen Zille

> South Africa > Politicians > Demokratiese Alliansie > Helen Zille
Helen Zille Helen Zille
Helen Zille
Die leier van die Demokratiese Alliansie en premier van die Wes-Kaap. | The Premier of the Western Cape.
email

DESCRIPTION OF CANDIDATE: 

Helen Zille Biography

AFR:

 

Helen Zille (Johannesburg, 9 Maart 1951) is die leier van die Demokratiese Alliansie en premier van die Wes-Kaap. Sy was ook vantevore burgemeester van Kaapstad.

 

Vroeë lewe en loopbaan

Nadat sy 'n BA-graad by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg behaal het, het sy haar loopbaan as politieke verslaggewer van die Rand Daily Mail begin. In dié rol het sy bekendheid verwerf met die oopvlek van die omstandighede waaronder Steve Biko in polisieaanhouding te sterwe gekom het. Helen Zille was vantevore 'n lid van die anti-apartheidbeweging genaamd Black Sash, die End Conscription Campaign, en die South Africa Beyond Apartheid Project en die Kaapstad Vredeskommitee. Sy het ook getuienis ingesamel vir die Goldstone Kommissie wat pogings ondersoek het om die Wes-Kaap voor die verkiesing in 1994 te destabiliseer. Sy het die posisie van hoof van openbare betrekkinge van die Universiteit van Kaapstad beklee.

 

As hoof van die beheerliggaam van die Grove Primary School het sy in 1997 suksesvol 'n regeringsbeleid betwis wat beheerliggame se magte om personeel aan te stel sou inkort. Sy was Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys in die Wes-Kaapse provinsiale regering en het daarna 'n DA-parlementslid geword. In die DA het sy die posisie van onder-federale voorsitter beklee en was sy die nasionale woordvoerder vir onderwys. Sy was 'n finalis in die Suid-Afrikaanse vrou van die jaar toekenning in 2003.

 

DA-leierskapsverkiesing

Op Sondag, 6 Mei 2007, word Zille verkies tot die nuwe leier van die Demokratiese Alliansie. Op 15 Maart het sy aangekondig dat sy nie van plan is om afstand te doen van die burgemeesterespos indien sy suksesvol is nie. In die aankondiging het sy praktiese reëlings voorgestel om beide ampte suksesvol te bedryf en ook daarop gewys dat alle Suid-Afrikaanse staatshoofde in die geskiedenis beide hulle partyleierskapsrol en uitvoerende rol tegelykertyd vervul het en dat die Franse president Jacques Chirac tegelykertyd burgemeester van Parys en partyleier was. Die leier van die Onafhanklike Demokrate in Kaapstad het in die openbaar aangekondig dat die party haar in dié onderneming steun. Zille het twee sake aangedui as die grootste uitdagings, naamlik om die party se tradisionele steunbasis te behou asook die uitbou van swart steun.

 

bron

 

 

ENG:

 

Helen Zille (legal name Otta Helene Maree née Zille; born 9 March 1951) is the Premier of the Western Cape, a member of the Western Cape Provincial Parliament, leader of South Africa's opposition Democratic Alliance political party, and a former Mayor of Cape Town.

 

Zille is a former journalist and anti-apartheid activist, and was one of the journalists who exposed the truth behind the death of Black Consciousness leader Steve Biko while working for the Rand Daily Mail in the late 1970s. She also worked with the Black Sash and other pro-democracy groups during the 1980s. In the political arena, Zille has worked in all three tiers of government – as the Western Cape province's education MEC (1999–2004), as a Member of Parliament (2004–2006), as Mayor of Cape Town (2006–2009), and as Premier of the Western Cape (2009–present).

 

Zille's work as mayor, and in particular her successes in tackling crime, drug abuse and unemployment in Cape Town, led to her selection as World Mayor of the Year in 2008 - from a field of 820 candidates. She was also chosen as Newsmaker of the year 2006 by the National Press Club in July 2007, and is a former finalist in the South African Woman of the Year Award. Zille speaks English, Afrikaans, and Xhosa as well as German, the language of her parents.

 

source

4 November 2008

updated: 2013-04-22

icon Helen Zille
icon Helen Zille

ElectionsMeter is not responsible for the content of the text. Please refer always to the author. Every text published on ElectionsMeter should include original name of the author and reference to the original source. Users are obliged to follow notice of copyright infringement. Please read carefully policy of the site. If the text contains an error, incorrect information, you want to fix it, or even you would like to mange fully the content of the profile, please contact us. contact us..

 
load menu